Sunday, April 25, 2010

Dag 3

Vandag was HUGE. Baie laaang dag op die fiets!

Soos die vorige oggende en soos al die oggende wat nog kom, was dit 'n 05:30 start-up! Na die eerste 7km uit Reitz het die manne verby 'n Leeupark gery waar daar 'n paar leeus langs die pad was!! Daarna... was dit LAANK en tough!! Die eerste helfte was erg baie modder... by tye knie diep in die water. By die eerste water/kos stop moes hulle eers weer fietse was. Daarna deur mielie lande en NOG modder!

Die roete het vandag 1064m se klim ingehou!

Vandag se gelukkie was die stukke plat grondpaaie wat plase verbind en die manne die geleentheid gegee het om tyd en spoed op te maak!! Dit het gebring na die 2de water punt - ongelukkig geen steak vandag!

Die hoogtepunt is VERSEKER die ongelooflike mooi scenery - vandag kon jy die toppe van die Drakensberge begin sien!!! Vir 'n laaaaang ruk het hulle langs die Sterkfontein Dam ry - BEAUTIFUL!!!!!!!

Harriston school is die host vanaand in die race village by Sterkfontein Dam Resort. Na aandete kry die manne 'n brief oor more se roete. Hulle kyk ook na al die fotos en video footage van die dag!!! Sit die pyn van die dag in perspektief!

Die lywe is seer. Die manne het nie verwag die dag gaan so lank wees nie - 8uur en 35 min!! Na recovery drinks, shower, eet eet eet en weer aandete, is dit 'n baie vroee aandjie! MAAR - die gemoedere is positief en Callie geniet dit vreeslik!!! (Effens... net 'n klein bietjie op sy senuwees vir more - maar dit is more se challenge... Nou is dit net rus en slaap onder die vrystaat sterre!!!)

Dis net na half 9en die manne is in hulle tente!! Lights-out!

Vandag was 'n dag vir VASBYT en deur druk! Well done Callie & Gerald - julle is ysters!!!

2 comments:

  1. Yes Callie,julle laat dit regtig maklik klink...is nou self lus om die ou bergfietsie af te stof en die wiele te laat begin draai...gelukkig kan ek net vir 'n rukkie op my rug le o die lus te laat oor gaan...want ek weet hoeveel tyd in die voorbereiding gegaan het..

    ReplyDelete
  2. KLink amazing!!! go luck vd res!!! we track you...

    ReplyDelete