Monday, May 10, 2010

Sunday, May 9, 2010

Callie se laaste blog....

Hi Julle

Laas week die tyd het ek met ‘n koue bier in my hand die Joberg2C ge-celebrate met Gerarld en ander fietsryers.
Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie en ek voel so bevoorreg om deel te kon wees van die eerste Joberg2C.
Die heeltyd vra mense my hoe dit voel om klaar te wees en ek sukkel om met woorde die ervaring te beskryf. Dit was die moeilikste en lekkerste 9 dae van my lewe. Dit is verseker die toughste event wat ek nog aangepak. Hoe beskryf jy 923km in 66 ure van lekkerkry en swaarkry in ‘n paar sinne. Hoe beskryf jy die gevoel wat jy het as jy tussen die Drakensberge ry, die ongelooflike natuurskoonheid. Hoe beskryf jy die Sani2C single tracks, hoe vinnig en well manicured dit is. Die gasvryheid van al die mense waar ons gebly het? Hoe skryf jy die swaarkry en die lekkerkry en die camaraderie tussen al die ryers?

Aan die begin het Gerald en ek die race in 3 fases beplan. Dag 1-3, 4-6 en 7-9, maar ons het baie gou agter gekom dat jy nie verby vandag moet kyk nie, want more het sy eie bulte en heuwels en modder (dit klink soos ‘n lewens lessie!!) en vandag se berge moet eers oorkom word.
Alhoewel die eerste 3 dae 350km was het almal gedink dit gaan redelik maklik wees omdat die Vrystaat so “plat” is. GROOT FOUT!!! Ons het baie reen in die aande gehad en dit was koud en modderig en die roete was altyd jeep track en harde werk om die km’s op te maak.

Dag 3-6 was meer district road maar dit is waar die berge begin. Ongelooflike paaie gery en honderde riviere oorgesteek. Dit het soms gevoel of ek in ‘n National Geographic tydskif ry. Orals waar jy kyk was net ongelooflik mooi. Dit het my baie aan Nepal laat dink. ‘n Ateis het obviously nog nooit op daardie paaie fiets gery nie!!!

Dag 7-9 was die Sani2C roete en dit was beter as wat ons ooit kon voor gehoop het.
Baie mense het die 923km aangedurf net om die Sani2C te ry. (dit is mos omtrent onmoontlik om ‘n inskrywing te kry) Die roete was droog en vinnig. Dag 8 se drop vanaf die escarpment tot by die Umkumaas rivier is 2ure se single track hemel.
As jy ‘n fiets besit is dit amper ‘n moet om die Sani2C te ry…….dit is so lekker!!

Die einde was ‘n mengsel van blydskap, relief en sadness. Sondag het die depressie ingeskop en my nie gelos vir 5 dae nie. Om terug te wees by die werk na so ‘n groot avontuur was ‘n groot skok tot die sisteem. Ek moet bieg en se dat die eerste week daar nie veel gewerk is nie.

En sal ek dit weer doen: VERSEKER!

Ek wil net ‘n paar bedankings doen:

-Aan God vir die ongelooflike voorreg om gesond te kan wees en al hierdie dinge te kon ervaar.
-Elanie vir al haar ondersteuning en baie ure se saam oefen, vir al die vroeg oggende opstaan.
-Sarel van Genesis Trust wat my toegelaat het om vir die Trust te ry.
-Gerald de Kock wat so ‘n great partner is en Sue+Zack wat die beste seconds is.
-Vir almal wat so gaaf was om ‘n donasie te maak en vir al julle oproepe en sms’e. Ons het oor die R 30 000 ingesamel vir die Trust.
-Fairbairn Capital wat ons genooi het om die race saam met hulle te ry. (hulle het ook ons inskrywings geld betaal)

Ok, dis die Joberg2C in ‘n neute dop. Hoop om julle sommer gou weer te sien.

carl

Saturday, May 1, 2010

Dag 9

923km - DONE & DUSTED!

07:20 het die manne op ge-saddle vir die laaste dag van die Joburg2C!!! Met vol harte en baie opgewondenheid het die manne die oggend begin. Vandag was 'n baie vinnige dag!! Laas jaar by die Sani2C het hulle twee dag 3 gedoen in 5:45 - die jaar.... na KLOMP kilometers het hulle dit gedoen in 3 uur 40min! Goed ne!!!!

Die eerste 60km was OP!! Die race brief gisteraand het gese die 'n flat and fast! Ha ha ha!!! Jy moes werk vir die flat!!!! Gerald & Callie was monsters!!!!! Soos plaas perde wat die opstal gesien het! Ge-chase tot by die einde.

Die ryers het vanoggend 'n draai gemaak in die suger cane plase en vandaar na Clint's Climb waar die pack gesplit het. Na die klim was dit 'n single track rollercoster!!! Daar is nie woorde wat die kondisie van singletracks kan beskryf nie!!! Well manicured!!!!! Deur Invernetti plaas, Rogers Root & Sloths Shortcut bring hulle by Work to be done - 'n MENEER klim. Gerald het dit al 3 maal gedoen en kon dit nog glad nie uit ry tot bo nie! Klipperig en STYL!!!!!!! Soos... klap 'n toon manne! En hoe se ek altyd - you haven't biked if you haven't hiked!!!
Hierdie roete het hulle gery deur Vernon Crook's Nature Reserve. Vandaar deur Intagai Bush en dan is daar nt 30km oor vir die dag... vir die week! Die laaste bietjie klim Big Heart Rate Hill en vandaar was hulle soos rockets!!!!!!!!! Die laaste 15km is gedoen in 25min!!!!

Die Joburg2C het geeindig in Scottburgh na 75km en 1235m se klim op die beach!!! Die SMILES was van oor tot oor. Die harte was vol en vir sommiges was die trane vlak!

Baie baie geluk Callie en Gerald!!! Dis 'n baie groot achievement!!! En ons, julle supporters is BAIE BAIE TROTS op julle twee!!!

Aan almal wat die week KONSTANT aan hulle gedink het en hulle ondersteun het en vir al die gebede, veral daar uit Kommetjie se wereld - BAIE BAIE BAIE DANKIE!!!!

Callie gaan persoonlik die laaste blog more skryf - watch this space!!!!

Friday, April 30, 2010

Dag 8

8 down and 1 to go!!!

'n Baie goeie dag vir Callie en Gerald!!!

Vandag se roete is dieselfde roete as dag 2 by die Sani2C - en dit opsigself is nie 'n maklike dag vir enige fietsryer nie! Sit nou 7 dae se ry by en kyk wat doen nie manne....
97km en 2230m se klim het die manne tjop-tjop gedoen in 7 ure 20min! Laas jaar het Callie en Gerald die Sani2C saam gedoen en dag 2 was 'n lang dag vir hulle - 9 ure. Dieselfde roete het die tweetjies vandag afgehandel in 7 uur 20!!!Dis 'n great dag!!!

Een van die mooiste dae in mtbiking!!! En SINGLETRACK heaven! Km's en km's van awesome single track! Die manne het geklim vir dood, maar vandag was alles net makliker!!!

07:30 het hulle weg gespring uit Mackenzie Club om Joliviet toe te kom!
Die dag begin met 7km district road en dan van die beste single tracks!! Die roete het vandag deur die Umokaas Vallei gestrek en was asemrowend - al is jou lug in longe van al die klim, soms maar min.... Murray's Meander was 'n hoogtepunt! 3km single track met 'n drop na die een kant!!! Hierna moes die manne weer klim tot in Nick's Pass. Die manne het GEKLIM (A Push of a climb) vandag!!! Maar die views van die Umokaas was dit werd!!!!

Die dag het afgesluit in Joliviet waar die race village wag! Tente is tussen die bome opgeslaan en die vure het vanmiddag 16:00 al HOOG gebrand vir die fillet steaks vanaand!!
Die gemoedere is hoog en CALLIE GLIMLAG BREED!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

One day to go!!!

Die einde is in sig!!! Wow - wat 'n amazing gevoel van acomplishment.... tot more! Wanneer 923km DONE & DUSTED is!!!

Thursday, April 29, 2010

Dag 7

747.1km op die tyres!!!!!!

Nog 'n dag op sy einde!!! Well done Callie! Vandag is die dag 1 van die gewone Sani2C roete! Manne soos Febbie, Handre, Gandi - julle weet mos nou presies wat die dag inhou!!!!

1ste 18km van die roete is weer district road - so lekker vinnig!!!! Tussen al die melkplase en plantastiese deur ry die manne tot by View Climb wat die eerste regtige klim vir die dag is! Dit is ook die laaste keer wat hulle Southern Drakensberg gesien het!! Mooi mooi mooi!!

Die roete het vandag lekker single track ingehou deur The Ferns - jy ry deur 'n Pine Forest!!! Na die pine forest is hulle oor 'n "floating bridge". Die eerste waterpunt was op 38km by Mondi Brooklands vanwaar die view spectacular was!!!! Van hier het die pad die manne gevat na Bowman's Hill vir so 'n effens se klim en daarna weer op Wappo's single track!! Van die smoothste singletrack wat enige fietsryers ooit kan ry!!! Nog single track het die ryers gebring deur pine plantasies tot by Goog's Farm. Vir af-warm was die laaste gedeelte van die roete lekker "agter plaas paaie" met 'n klein klim by Tiny's climb, maar dan is die race village die prys aan die einde van die klim!! Die manne oornag vannag by Mackenzie Country Club. Die boere van Mackenzie is gesoute gashere aangesien hulle gewoond is aan die sani2c roete, waar hierdie die eerste oornag spot is.

Callie en Gerald het vandag 5 uur 50 gery aan 86km en 1110m klim. Dis 'n goeie tyd vir die hoeveelheid km's wat REEDS agter die blad is!! Well done manne!!!!
Callie se die achillies en die knie is so bietjie lastig - so kom ons bid vir dit!!! En verder het hy ook 'n ligte diaree opgetel! Al die manne hom suffer. Net voor 3 was die manne almal in hulle tente en hulle SLAAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Die lywe kan voel 7 dae se intense fietsry is al gedoen en more is weer 'n HUGE dag!!! Meeste klim nog!!! Maar hey.... ons vat dit dag vir dag!!! vir nou moet die manne rus, recover en die aand saam met al die ander ryers geniet!!

Tot more .... die dae raak nou min!!!!!!!

Wednesday, April 28, 2010

Dag 6

Gebed en geloof is kragtig!!! Callie se achillies en sy knie het nie vandag vir hom moeilikheid gegee nie!!!!!! Callie se sy lyf en sy bene voel fine en is sterk, maar hy het versigtig gery om nie sy achillies en sy seer knie op te mors nie - good management i say!!!!

Vandag was UNBELIEVEABLY MOOI!!!!! Die oggend het begin met 50km district road - wie sou nou dit kon dink!! Wat 'n luxury! Vandag het 2 klimme ingehou wat die manne gekou het. Die eerste klim het gesummit by "Snow Top Farm" wat 1864m bo seespieel is - ook die hoogste punt van die 9 dae!!! What goes up... must come down! Dankie tog vir 12km decent. Baie styl downhills en 'n paar manne het vir hulle nerf af geval!!!!

Callie se die roete was ONGELOOFLIK mooi - hulle is by die Drakensberge en ooral waar jy kyk is alles mooi! Die herfs kleure aan die bome en die almagtige berge wat jou omvou was die HOOGTEPUNT van die dag!!! (Die dag het Callie herinner aan Nepal - alles om jou is so mooi!)

Asof een bielie -van-'n-klim nie genoeg was nie... het nog 'n verassing vir ryers gewag. Die organiseerders het hierdie 8km klim "Valley of Death" genoem en is oortuig gewees dat daar min ryers gaan wees wat dit actually gaan geniet. Vir die res... survival mode all the way to the top! Callie het die klim uitgespin - aangesien hy nie teveel gewig op sy achillies wil sit nie.

Na die klim is hulle deur rolling hills tussen pine plantasties tot by die Polo gronde by Himville waar die race village opgeslaan is.

Die manne het 93.7km gery en 1982m geklim in 8 ure en 19min.

Na 'n race briefing (wat elke aand 6 uur was) het die manne weer lekker gelag vir die fotos van die dag en ook die video clips! Daar was 'n ou ou oompie wat al 46 comrades races gedoen het. Hy het 'n talk gehad met die manne en hulle behoorlik moed in gepraat. Hy het vertel dat hy slegs 1 van die races nie klaar gemaak het en dis PRESIES die een wat hy onthou! Nie die 45 wat hy klaar gemaak het nie, maar net die een wat hy nie klaar gemaak het. Met harte voel moed vir die drie dae wat oor is... is die manne vroeg vroeg tent toe!!!!!! Die manne slaap met 'n "ligte" hard want more behoort 'n korter dag te wees!!!!

Tuesday, April 27, 2010

Dag 5

Dag 5 DRAMATIC CHANGE IN SCENERY!!!!

Die oggend het vir Callie begin met net pyn!!! Na gister was sy achillies baie seer. Vandag se eerste 40km kon hy skaars trap!!! Dankie tog vir pyn pille en 'n comrade wat so gaaf was om dit vir hom te gee! Toe die pille inskop, toe trap Callie weer!!! Maar in sy woorde - "loutere hel om deur dit te kom!!" Maar hy is daar deur!!!!!

Die dag het begin oor irrigation plase met 'n pragtige uitsig van Southern Berg wat voor jou le! Om tot in Kamberg te kom het die ryers gery van Wagendrift Dam tot by Dalton Bridge (gebou in die 1900's) gevolg deur 2 styl klimme wat hulle tot by die voet van Kamberg gebring. Die klimme was styl en vandag moes Callie KOP hou!!! Dit is mos ma' die dinge met endurance events - jy moet jou kop skoon en positief hou! Vandag het Callie sy KOP-OEFENINGE gedoen! :-) Well done Callie - dit verg deursettingsvermoe en vasberadenheid!!!!!!

Vanaf hier het die manne oor melkplase gery - die beeste en koeie was verseker geamuseerd met wat voor hulle oe gebeur, aangesien die fietse oor die plaas en deur die opstal gery het!

Nog 'n paar kilometer se klim en die hulle was in die Kamberg Valley waar hulle vanaand by Glengarry Resort oornag! Die race village is opgeslaan reg langs die rivier. Ongelooflik mooi! Dit reen vanaand so bietjie.

Die 102km met die 1625m se klim het hulle in 8 ure gedoen. 567.4km van die 923km is afgehandel!!!! Callie & Gerald, julle is oor die helfte!!!!! Dis GREAT!!!!!!

Vanaand bid ons vir Callie se achillies!!!! Maar ons GLO hy sal more oggend sterk wees en "Death Valley" se 8km oorwin!!!!!!