Thursday, April 29, 2010

Dag 7

747.1km op die tyres!!!!!!

Nog 'n dag op sy einde!!! Well done Callie! Vandag is die dag 1 van die gewone Sani2C roete! Manne soos Febbie, Handre, Gandi - julle weet mos nou presies wat die dag inhou!!!!

1ste 18km van die roete is weer district road - so lekker vinnig!!!! Tussen al die melkplase en plantastiese deur ry die manne tot by View Climb wat die eerste regtige klim vir die dag is! Dit is ook die laaste keer wat hulle Southern Drakensberg gesien het!! Mooi mooi mooi!!

Die roete het vandag lekker single track ingehou deur The Ferns - jy ry deur 'n Pine Forest!!! Na die pine forest is hulle oor 'n "floating bridge". Die eerste waterpunt was op 38km by Mondi Brooklands vanwaar die view spectacular was!!!! Van hier het die pad die manne gevat na Bowman's Hill vir so 'n effens se klim en daarna weer op Wappo's single track!! Van die smoothste singletrack wat enige fietsryers ooit kan ry!!! Nog single track het die ryers gebring deur pine plantasies tot by Goog's Farm. Vir af-warm was die laaste gedeelte van die roete lekker "agter plaas paaie" met 'n klein klim by Tiny's climb, maar dan is die race village die prys aan die einde van die klim!! Die manne oornag vannag by Mackenzie Country Club. Die boere van Mackenzie is gesoute gashere aangesien hulle gewoond is aan die sani2c roete, waar hierdie die eerste oornag spot is.

Callie en Gerald het vandag 5 uur 50 gery aan 86km en 1110m klim. Dis 'n goeie tyd vir die hoeveelheid km's wat REEDS agter die blad is!! Well done manne!!!!
Callie se die achillies en die knie is so bietjie lastig - so kom ons bid vir dit!!! En verder het hy ook 'n ligte diaree opgetel! Al die manne hom suffer. Net voor 3 was die manne almal in hulle tente en hulle SLAAP!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Die lywe kan voel 7 dae se intense fietsry is al gedoen en more is weer 'n HUGE dag!!! Meeste klim nog!!! Maar hey.... ons vat dit dag vir dag!!! vir nou moet die manne rus, recover en die aand saam met al die ander ryers geniet!!

Tot more .... die dae raak nou min!!!!!!!

No comments:

Post a Comment