Saturday, April 24, 2010

Dag 2

Brrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Callie kan nie onthou wanneer laas hy so koud gekry het nie!!! Na 25km kon hy nie meer sy gears verander nie, so koud en gevries was sy hande!! Ok... dit was so koud een man het op sy eie voete gepiepie sodat hy kon ontdooi!! You get it???? Ten spyte van die koue was dit 'n AWESOME dag! Ongelooflik mooi!!!!

Vandag se totale afstand was 95km met 749m se klim al die pad van Frankfort na Reitz! Callie voel sterk dat die mense wat dink die Vrystaat is plat, rook dalk onwettige blare of iets! Dis op en af en op en af en op en af!!!!

By die eerste waterpunt was die teleurstelling egter groot: Niks meer kos om te eet nie! MAAR DANKIE aan boer JC (wat in sy kort broek en 'n t-shirt - ook net 'n Vrystaatse boer!!!!) wat so gaaf was om Callie en Gerald se fietse te was terwyl hulle gestaan en bibber het.

Die eerste deel van die roete was weer oor die graspolle! (Callie weet nou hoe voel kaas wat gerasper word!!!) Die manne het die grootste deel van die dag oor plase gery. Getrap oor "Egpte plaas" tot by "Perdebye Hek". Vandaar het hulle die "smooth" agter paaie raak gery waar die meeste verkeer 'n trekker met 'n trailer is! Geleentheid vir so bietjie spoed optel.

Hoogtepunt van die dag - WATERSTASIE nommer 2!!! Daar was 'n oom wat stukkies steak oor die kole gaar gemaak het!!!! True to form het die manne uitgespan vir 'n 1kg vleis man man elk!!!

Met die magies lekker warm en vol het hulle die laaste stuk aangepak na die Race village. Vanaand is "Bielie Mielie skougronde" huis vir 700 ryers! Tentjies is opgeslaan! Jou fiets word vir jou gewas en jou sak word na jou tent gedra! Luxury na 6 uur 23min op die fiets!!! Om dan nou nie eers te praat van die Vrystaatse vetkoeke wat dadelik geeet is nie!!!

Einde van dag 2 en die spirits is high! Callie en Gerald voel goed - bene is sterk en dit was vir hulle 'n HEERLIKE dag!!!!
(Die opgewondenheid mag dalk ook beinvloed word deur die 16 skape wat op die spit gebraai word....)

Spesiale woord van dank aan EDDIE VEDDER wat vir Callie ingebring in al die pad tot by die villiage!!!!

Ligte-uit was 21:20... more oggend 05:30 uit die vere! Groot dag wat voorle!!!

1 comment:

  1. Sjoe Callie maar dit klink bitter koud daar in die Vrystaat!

    Ons wonder nou net of yster sal roes as jy daarop piepie? :)

    Sterkte Ysterman!

    Siela en Sassie

    ReplyDelete