Tuesday, April 27, 2010

Dag 5

Dag 5 DRAMATIC CHANGE IN SCENERY!!!!

Die oggend het vir Callie begin met net pyn!!! Na gister was sy achillies baie seer. Vandag se eerste 40km kon hy skaars trap!!! Dankie tog vir pyn pille en 'n comrade wat so gaaf was om dit vir hom te gee! Toe die pille inskop, toe trap Callie weer!!! Maar in sy woorde - "loutere hel om deur dit te kom!!" Maar hy is daar deur!!!!!

Die dag het begin oor irrigation plase met 'n pragtige uitsig van Southern Berg wat voor jou le! Om tot in Kamberg te kom het die ryers gery van Wagendrift Dam tot by Dalton Bridge (gebou in die 1900's) gevolg deur 2 styl klimme wat hulle tot by die voet van Kamberg gebring. Die klimme was styl en vandag moes Callie KOP hou!!! Dit is mos ma' die dinge met endurance events - jy moet jou kop skoon en positief hou! Vandag het Callie sy KOP-OEFENINGE gedoen! :-) Well done Callie - dit verg deursettingsvermoe en vasberadenheid!!!!!!

Vanaf hier het die manne oor melkplase gery - die beeste en koeie was verseker geamuseerd met wat voor hulle oe gebeur, aangesien die fietse oor die plaas en deur die opstal gery het!

Nog 'n paar kilometer se klim en die hulle was in die Kamberg Valley waar hulle vanaand by Glengarry Resort oornag! Die race village is opgeslaan reg langs die rivier. Ongelooflik mooi! Dit reen vanaand so bietjie.

Die 102km met die 1625m se klim het hulle in 8 ure gedoen. 567.4km van die 923km is afgehandel!!!! Callie & Gerald, julle is oor die helfte!!!!! Dis GREAT!!!!!!

Vanaand bid ons vir Callie se achillies!!!! Maar ons GLO hy sal more oggend sterk wees en "Death Valley" se 8km oorwin!!!!!!

No comments:

Post a Comment