Monday, April 26, 2010

Die gevreesde dag 4

Dag 4 - die gevreesde dag 4 is gedoen!!! Dis klaar en dit was ONGELOOFLIK! Ongelooflik mooi en ongelooflik moeilik. Die swaarste dag nog op 'n fiets, maar ook die MOOISTE MOOI.

Die oggend het begin uit Sterkfontein Dam met agter paaie, plaas paaie, twee spoor paadjie en bees paadjies. So het die manne stadig begin klim tot by die Retief Rock pas. Van daar is hulle oor Spionkop Berg wat lyk soos Leeukop, net 2x hoer en 2x styler. In Callie se woorde: vandag was niks verniet nie! Nie eers die decent van 2624m nie! As of dit nie genoeg klim was nie, is hulle oor Pofadder Pass en dan volg enige mountain biker se droom... single track al langs die rivier! Met die ongelooflike berge rondom jou! Prentjie mooi!!!! Psalm 121... EK KYK OP NA DIE BERGE!

Dit was 'n intense moeilike dag vir al die ryers - die cut off tyd is met 'n uur uitgestel omdat die roete so taai was. Callie was vir 10 uur 45min in die saal - goeie genugtig is ONGELOOFLIK! Dis nou hoe mens deursettingsvermoe spel!!! Well done Callie - jy is 'n inspirasie om net so aan te hou en aan te hou en aan te hou. Die totale klim van die dag was 1937m.

En ten spyte van die moeilike dag en emosionele battle op die fiets is die 1ste woorde wat Callie kon se na die dag: " die baie mooi.... dis baie mooi".

20km voor die einde het Callie by 'n span gekom waarvan die 1 ryer se peddle afgebreek het. Op daardie stadium het die man alreeds 40km so aangesukkel met net 1 peddle en 21km gestap!! Callie en sy spanmaat het hom saam-saam ingestoot vir die laaste stuk!!!!! (Amazing... na so baie ure op die fiets en jy HELP nog! Well well done!!!)

Die dag het sy einde gesien in Winterton, waar Gerald-hulle 'n familie plaas het. Callie en Gerald slaap vanaand in hulle plaashuis! "Dis lekker om 'n slaggie net normaal te wees". Natuurlik na dag 4 en na amper 500km begin sy lyf hardop gesels. Sy rug en sy achilies is lastig!!! (maar niks wat ons nie reg of weg kan bid nie!)

Ons Ysterman-Fourie is vanaand moeg. Hy het vandag sy endurance bewys...

Dankie al die vriende en die Fouries wat hom deur die dag gebid het! Julle is wonderlike vriende!! More - same place! Same time!

No comments:

Post a Comment