Friday, April 23, 2010

Callie dag 1

7 uur.... 8 grade.... Suikerbosrandriver! Joburg2C 2010 is off on a great start!!!!

Die senuwees het maar geknaag vir die onbekende, maar na 60km was dit alles net excitment!
Die eerste 25km was full on "Bundo-Bashing" oor graspolle, gate en klippe!! Na die "rough ride" het hulle die water gestrike en sommer BAIE water... Die eerste 60km het hulle al langs die Vaalrivier gery! Dit is pragtig! Mooi blommetjies en die wereld is net mooi.

Rivercrossing - bietjie onverwags...maar dit was PRET! Die fiets-trappers moes in Dragon boats oor die Vaalriver roei!! Callie (needless to say) in sy element! Hier het die manne 'n uur gesit en wag vir 'n beurt om oor die water te kom.

Na die rivier crossings was die roete lekker plaaspad. Hier kon Callie en Gerald (spanmaat - OOK 'n YSTER!!) bietjie spoed vang en tyd opmaak.

Daarvandaan was dit 'n totale klim van 943m. Elke 30km was daar kos & drinks stops. Lekker koeksisters, piesangs en choccies! Lekker vir energie!!!

124km later en huis vir die aand is Frankfort (Wilge Sports Grounds) waar 'n "race village" opgerig is - setup vir die volgende 8 nagte!!!

Uit en tuis was die dag 8 ure lank, waarvan Callie & Gerald 6&half gery het! Die senuwees is verseker onder beheer!! Na 'n goeie happie skaapboud, aartappelslaai, pasta slaai en van alles nog 2 borde, het die manne uit geklok net na 9!!! ZZzzzzz More oggend is dit 'n 05:30 begin!

Wat 'n VOORREG!!!!!!

No comments:

Post a Comment