Wednesday, April 28, 2010

Dag 6

Gebed en geloof is kragtig!!! Callie se achillies en sy knie het nie vandag vir hom moeilikheid gegee nie!!!!!! Callie se sy lyf en sy bene voel fine en is sterk, maar hy het versigtig gery om nie sy achillies en sy seer knie op te mors nie - good management i say!!!!

Vandag was UNBELIEVEABLY MOOI!!!!! Die oggend het begin met 50km district road - wie sou nou dit kon dink!! Wat 'n luxury! Vandag het 2 klimme ingehou wat die manne gekou het. Die eerste klim het gesummit by "Snow Top Farm" wat 1864m bo seespieel is - ook die hoogste punt van die 9 dae!!! What goes up... must come down! Dankie tog vir 12km decent. Baie styl downhills en 'n paar manne het vir hulle nerf af geval!!!!

Callie se die roete was ONGELOOFLIK mooi - hulle is by die Drakensberge en ooral waar jy kyk is alles mooi! Die herfs kleure aan die bome en die almagtige berge wat jou omvou was die HOOGTEPUNT van die dag!!! (Die dag het Callie herinner aan Nepal - alles om jou is so mooi!)

Asof een bielie -van-'n-klim nie genoeg was nie... het nog 'n verassing vir ryers gewag. Die organiseerders het hierdie 8km klim "Valley of Death" genoem en is oortuig gewees dat daar min ryers gaan wees wat dit actually gaan geniet. Vir die res... survival mode all the way to the top! Callie het die klim uitgespin - aangesien hy nie teveel gewig op sy achillies wil sit nie.

Na die klim is hulle deur rolling hills tussen pine plantasties tot by die Polo gronde by Himville waar die race village opgeslaan is.

Die manne het 93.7km gery en 1982m geklim in 8 ure en 19min.

Na 'n race briefing (wat elke aand 6 uur was) het die manne weer lekker gelag vir die fotos van die dag en ook die video clips! Daar was 'n ou ou oompie wat al 46 comrades races gedoen het. Hy het 'n talk gehad met die manne en hulle behoorlik moed in gepraat. Hy het vertel dat hy slegs 1 van die races nie klaar gemaak het en dis PRESIES die een wat hy onthou! Nie die 45 wat hy klaar gemaak het nie, maar net die een wat hy nie klaar gemaak het. Met harte voel moed vir die drie dae wat oor is... is die manne vroeg vroeg tent toe!!!!!! Die manne slaap met 'n "ligte" hard want more behoort 'n korter dag te wees!!!!

1 comment:

  1. Go Callie, Go! You are brilliant! Love the Kommertjies

    ReplyDelete