Monday, May 10, 2010

Sunday, May 9, 2010

Callie se laaste blog....

Hi Julle

Laas week die tyd het ek met ‘n koue bier in my hand die Joberg2C ge-celebrate met Gerarld en ander fietsryers.
Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie en ek voel so bevoorreg om deel te kon wees van die eerste Joberg2C.
Die heeltyd vra mense my hoe dit voel om klaar te wees en ek sukkel om met woorde die ervaring te beskryf. Dit was die moeilikste en lekkerste 9 dae van my lewe. Dit is verseker die toughste event wat ek nog aangepak. Hoe beskryf jy 923km in 66 ure van lekkerkry en swaarkry in ‘n paar sinne. Hoe beskryf jy die gevoel wat jy het as jy tussen die Drakensberge ry, die ongelooflike natuurskoonheid. Hoe beskryf jy die Sani2C single tracks, hoe vinnig en well manicured dit is. Die gasvryheid van al die mense waar ons gebly het? Hoe skryf jy die swaarkry en die lekkerkry en die camaraderie tussen al die ryers?

Aan die begin het Gerald en ek die race in 3 fases beplan. Dag 1-3, 4-6 en 7-9, maar ons het baie gou agter gekom dat jy nie verby vandag moet kyk nie, want more het sy eie bulte en heuwels en modder (dit klink soos ‘n lewens lessie!!) en vandag se berge moet eers oorkom word.
Alhoewel die eerste 3 dae 350km was het almal gedink dit gaan redelik maklik wees omdat die Vrystaat so “plat” is. GROOT FOUT!!! Ons het baie reen in die aande gehad en dit was koud en modderig en die roete was altyd jeep track en harde werk om die km’s op te maak.

Dag 3-6 was meer district road maar dit is waar die berge begin. Ongelooflike paaie gery en honderde riviere oorgesteek. Dit het soms gevoel of ek in ‘n National Geographic tydskif ry. Orals waar jy kyk was net ongelooflik mooi. Dit het my baie aan Nepal laat dink. ‘n Ateis het obviously nog nooit op daardie paaie fiets gery nie!!!

Dag 7-9 was die Sani2C roete en dit was beter as wat ons ooit kon voor gehoop het.
Baie mense het die 923km aangedurf net om die Sani2C te ry. (dit is mos omtrent onmoontlik om ‘n inskrywing te kry) Die roete was droog en vinnig. Dag 8 se drop vanaf die escarpment tot by die Umkumaas rivier is 2ure se single track hemel.
As jy ‘n fiets besit is dit amper ‘n moet om die Sani2C te ry…….dit is so lekker!!

Die einde was ‘n mengsel van blydskap, relief en sadness. Sondag het die depressie ingeskop en my nie gelos vir 5 dae nie. Om terug te wees by die werk na so ‘n groot avontuur was ‘n groot skok tot die sisteem. Ek moet bieg en se dat die eerste week daar nie veel gewerk is nie.

En sal ek dit weer doen: VERSEKER!

Ek wil net ‘n paar bedankings doen:

-Aan God vir die ongelooflike voorreg om gesond te kan wees en al hierdie dinge te kon ervaar.
-Elanie vir al haar ondersteuning en baie ure se saam oefen, vir al die vroeg oggende opstaan.
-Sarel van Genesis Trust wat my toegelaat het om vir die Trust te ry.
-Gerald de Kock wat so ‘n great partner is en Sue+Zack wat die beste seconds is.
-Vir almal wat so gaaf was om ‘n donasie te maak en vir al julle oproepe en sms’e. Ons het oor die R 30 000 ingesamel vir die Trust.
-Fairbairn Capital wat ons genooi het om die race saam met hulle te ry. (hulle het ook ons inskrywings geld betaal)

Ok, dis die Joberg2C in ‘n neute dop. Hoop om julle sommer gou weer te sien.

carl

Saturday, May 1, 2010

Dag 9

923km - DONE & DUSTED!

07:20 het die manne op ge-saddle vir die laaste dag van die Joburg2C!!! Met vol harte en baie opgewondenheid het die manne die oggend begin. Vandag was 'n baie vinnige dag!! Laas jaar by die Sani2C het hulle twee dag 3 gedoen in 5:45 - die jaar.... na KLOMP kilometers het hulle dit gedoen in 3 uur 40min! Goed ne!!!!

Die eerste 60km was OP!! Die race brief gisteraand het gese die 'n flat and fast! Ha ha ha!!! Jy moes werk vir die flat!!!! Gerald & Callie was monsters!!!!! Soos plaas perde wat die opstal gesien het! Ge-chase tot by die einde.

Die ryers het vanoggend 'n draai gemaak in die suger cane plase en vandaar na Clint's Climb waar die pack gesplit het. Na die klim was dit 'n single track rollercoster!!! Daar is nie woorde wat die kondisie van singletracks kan beskryf nie!!! Well manicured!!!!! Deur Invernetti plaas, Rogers Root & Sloths Shortcut bring hulle by Work to be done - 'n MENEER klim. Gerald het dit al 3 maal gedoen en kon dit nog glad nie uit ry tot bo nie! Klipperig en STYL!!!!!!! Soos... klap 'n toon manne! En hoe se ek altyd - you haven't biked if you haven't hiked!!!
Hierdie roete het hulle gery deur Vernon Crook's Nature Reserve. Vandaar deur Intagai Bush en dan is daar nt 30km oor vir die dag... vir die week! Die laaste bietjie klim Big Heart Rate Hill en vandaar was hulle soos rockets!!!!!!!!! Die laaste 15km is gedoen in 25min!!!!

Die Joburg2C het geeindig in Scottburgh na 75km en 1235m se klim op die beach!!! Die SMILES was van oor tot oor. Die harte was vol en vir sommiges was die trane vlak!

Baie baie geluk Callie en Gerald!!! Dis 'n baie groot achievement!!! En ons, julle supporters is BAIE BAIE TROTS op julle twee!!!

Aan almal wat die week KONSTANT aan hulle gedink het en hulle ondersteun het en vir al die gebede, veral daar uit Kommetjie se wereld - BAIE BAIE BAIE DANKIE!!!!

Callie gaan persoonlik die laaste blog more skryf - watch this space!!!!