Sunday, May 9, 2010

Callie se laaste blog....

Hi Julle

Laas week die tyd het ek met ‘n koue bier in my hand die Joberg2C ge-celebrate met Gerarld en ander fietsryers.
Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie en ek voel so bevoorreg om deel te kon wees van die eerste Joberg2C.
Die heeltyd vra mense my hoe dit voel om klaar te wees en ek sukkel om met woorde die ervaring te beskryf. Dit was die moeilikste en lekkerste 9 dae van my lewe. Dit is verseker die toughste event wat ek nog aangepak. Hoe beskryf jy 923km in 66 ure van lekkerkry en swaarkry in ‘n paar sinne. Hoe beskryf jy die gevoel wat jy het as jy tussen die Drakensberge ry, die ongelooflike natuurskoonheid. Hoe beskryf jy die Sani2C single tracks, hoe vinnig en well manicured dit is. Die gasvryheid van al die mense waar ons gebly het? Hoe skryf jy die swaarkry en die lekkerkry en die camaraderie tussen al die ryers?

Aan die begin het Gerald en ek die race in 3 fases beplan. Dag 1-3, 4-6 en 7-9, maar ons het baie gou agter gekom dat jy nie verby vandag moet kyk nie, want more het sy eie bulte en heuwels en modder (dit klink soos ‘n lewens lessie!!) en vandag se berge moet eers oorkom word.
Alhoewel die eerste 3 dae 350km was het almal gedink dit gaan redelik maklik wees omdat die Vrystaat so “plat” is. GROOT FOUT!!! Ons het baie reen in die aande gehad en dit was koud en modderig en die roete was altyd jeep track en harde werk om die km’s op te maak.

Dag 3-6 was meer district road maar dit is waar die berge begin. Ongelooflike paaie gery en honderde riviere oorgesteek. Dit het soms gevoel of ek in ‘n National Geographic tydskif ry. Orals waar jy kyk was net ongelooflik mooi. Dit het my baie aan Nepal laat dink. ‘n Ateis het obviously nog nooit op daardie paaie fiets gery nie!!!

Dag 7-9 was die Sani2C roete en dit was beter as wat ons ooit kon voor gehoop het.
Baie mense het die 923km aangedurf net om die Sani2C te ry. (dit is mos omtrent onmoontlik om ‘n inskrywing te kry) Die roete was droog en vinnig. Dag 8 se drop vanaf die escarpment tot by die Umkumaas rivier is 2ure se single track hemel.
As jy ‘n fiets besit is dit amper ‘n moet om die Sani2C te ry…….dit is so lekker!!

Die einde was ‘n mengsel van blydskap, relief en sadness. Sondag het die depressie ingeskop en my nie gelos vir 5 dae nie. Om terug te wees by die werk na so ‘n groot avontuur was ‘n groot skok tot die sisteem. Ek moet bieg en se dat die eerste week daar nie veel gewerk is nie.

En sal ek dit weer doen: VERSEKER!

Ek wil net ‘n paar bedankings doen:

-Aan God vir die ongelooflike voorreg om gesond te kan wees en al hierdie dinge te kon ervaar.
-Elanie vir al haar ondersteuning en baie ure se saam oefen, vir al die vroeg oggende opstaan.
-Sarel van Genesis Trust wat my toegelaat het om vir die Trust te ry.
-Gerald de Kock wat so ‘n great partner is en Sue+Zack wat die beste seconds is.
-Vir almal wat so gaaf was om ‘n donasie te maak en vir al julle oproepe en sms’e. Ons het oor die R 30 000 ingesamel vir die Trust.
-Fairbairn Capital wat ons genooi het om die race saam met hulle te ry. (hulle het ook ons inskrywings geld betaal)

Ok, dis die Joberg2C in ‘n neute dop. Hoop om julle sommer gou weer te sien.

carl

No comments:

Post a Comment